Ná ’n drie jaar lange stilte is die bekroonde plaaslike sanger Danny K terug en beter as ooit.

’n Mengsel van R&B, pop en rock en ’n tikkie romanse hou sy vyfde album, Across The Line, interessant. Spits jou ore vir die treffer-enkelspeler I Get Up Again en ook vir Barricade, Projecta en Made 2 Love You.

Daarby lewer Danny ’n skitterende vertolking van Terence Trent D’Arby se Wishing Well, ál leenliedjie op die album.

Ons dink: 3/5