Ons dink: 3/5

Broers-aanhangers, moenie skrik wanneer julle op dié album net Christo en Cobus se name sien nie. Die derde broer, Nic Stevens, is nog deel van die drietal, maar net nie op dié CD nie.

Christo en Cobus het bloot besluit hulle is weer lus vir ’n album met net hulle twee, terwyl Nic aan ’n solo-album werk.

Op 20 Partytjietreffers kry jy presies wat die naam sê.

Dis ’n lekker versameling Afrikaanse danstreffers soos Kan Jy My Hoor en Ek Is Lief vir die Wêreld, en internasionale liedjies soos It’s a Heartache en Crazy Little Thing Called Love.

Hulle speel kitaar dat dit dreun. Met elke snit wil-wil jy dansbaan toe. Een ding is seker: Twee-twee of drie-drie, wanneer Broers wegtrek, kan jy maar luister.