Die aktrise (43) en haar man, die akteur Michael Douglas, is ten spyte van ’n ouderdomsverskil van 25 jaar ná 13 jaar steeds gelukkig getroud en Catherine skryf dit toe aan wedersydse respek en genoeg ruimte.

Op ’n vraag wat hul geheim is, het sy geantwoord: “Respek, ruimte en ’n goeie humorsin. Ons bring ongelooflik baie tyd saam deur, maar maak seker dat ons ons persoonlike ruimte behou. Ons het onlangs aan ons huis aangebou om vir ’n yslike kas plek te maak. Dis soos die Tardis (’n tydmasjien): As ek daar ingaan, kom ek nooit uit nie.

“My man klop aan die deur en vra of hy kan inkom. Ek het ’n TV daarin en my dogter bring haar maats soontoe; hulle speel winkel en pas my goed aan. Ek kan doodgelukkig die hele dag daar bly.”

Ten spyte van hul baie ooreenkomste verduidelik Catherine dat hulle mekaar deur hul verskille aanvul en dat dit help om hul romanse gesond te hou.

Sy het Stella, die Sunday Telegraph se tydskrif, meegedeel: “Michael is skedulebehelp. Hy is gedurig besig om op die kalender te kyk en noukeurig op datums te let en naweke te beplan. Ek word net soggens wakker en vra wat ons vandag gaan doen. Ek is baie spontaan.

“As ’n mens die ouderdomsverskil in ag neem, is dit merkwaardig dat ons op so baie maniere dieselfde is. Ons het ’n gemaklike, rustige verhouding.”