Catherine Zeta-Jones se strooimeisie is besorg oor haar gesondheid.

Catherine en haar man, Michael Douglas, het onlangs hul verhouding verbreek in ’n poging om hul huwelik van 17 jaar te red, en ’n goeie vriendin het erken dat sy besorg is oor die welstand van die aktrise, wat aan ’n bipolêre steuring ly.

Die TV-omroeper Anna Walker het gesê dat die spanning van die verbreking van hul romanse nie goed sal wees vir Catherine, wat gesukkel het om sy diagnose met keelkanker in 2010 te hanteer nie. Hy het intussen die kanker geklop.

Sy het aan die Mail on Sunday gesê: “Die volgende paar weke sal baie moeilik wees en ek is bekommerd oor haar. Dis ’n baie traumatiese tyd en haar geestesgesondheid kan daaronder ly.

“Ek is seker dit was nie maklik om die stres van Michael se siekte te hanteer nie.

“Sy is nou weer vir haar bipolêre steuring behandel en dit sal ’n wonderwerk wees as sy dit met al hierdie spanning kan beheer. Haar ma, Pat, is nou by haar; so ek weet sy is in goeie hande. En deesdae is daar baie goeie medikasie wat kan help.”

Anna het bygevoeg dat haar goeie vriendin ontsteld sal wees oor haar huweliksprobleme, aangesien sy ’n tradisionele siening van haar troubeloftes het.

Sy het gesê: “Dit sal haar hard slaan omdat sy beslis glo dat die huwelik vir ’n leeftyd is.

“Catherine is baie outyds en wou nooit geskei het nie.

“Haar ouers, Pat en David, is al langer as 50 jaar getroud en is haar rolmodelle. Sy wou hê haar huwelik moes soos hulle s’n wees.”