Catherine Zeta-Jones is bly oor Michael Douglas se onlangse Emmy-prys.

Michael (68) het by die onlangse Emmy Awards die prys gewen as beste hoofrolspeler in ’n minireeks of rolprent, vir HBO se Behind The Candelabra. Hy het met sy ontvangs van die prys sy vervreemde vrou, Catherine, bedank. Op haar beurt is sy weer baie bly hy het dit gewen.

Sy het aan Access Hollywood gesê: “Ek is bly namens hom. Dit was wonderlik – so welverdiend.”

Michael het by die geleentheid openlik oor hul huweliksprobleme gesels. Hy het gesê hulle is tydelik uitmekaar, maar hoop hulle sal hul verskille kan bylê.