’n Woordvoerder vir Catherine Zeta-Jones sê die Amerikaanse aktrise is in ’n psigiatriese kliniek opgeneem vir behandeling van bipolêre steuring.

Die woordvoerder, Sarah Fuller, het Maandagaand in ’n e-pos aan Associated Press gesê: “Catherine Zeta-Jones sorg dat sy gereeld behandeling kry sodat sy haar gesondheid beter kan bestuur.”

Die 43-jarige Oscar-wenner is twee jaar gelede in ’n soortgelyke kliniek opgeneem vir behandeling vir haar toestand, wat as bipolêr II bekendstaan.

-Nuus24