Catherine Zeta-Jones en Michael Douglas beplan om Thanksgiving saam te vier.

Die vervreemde egpaar hoop om hul huwelik van 13 jaar ’n tweede kans te gee. Hulle beplan glo om Thanksgiving op 28 November saam te vier in hul klassieke herehuis op die dorp Bedford in die Amerikaanse deelstaat New York. Hulle het twee kinders, Dylan (13) en Carys (10).

’n Bron het aan The Sun gesê: “Hulle gee op die oomblik babatreetjies. Hulle het mekaar baie ruimte gegun, en nou beplan hulle om saam met die kinders Thanksgiving te vier.

“Die hele gesin gaan dalk op hul Hamptons-landgoed bymekaarkom. Maar Catherine hoop hulle kan ’n sonnige klimaat besoek – niks is nog vasgestel nie.

“Hulle hou dit op die oomblik baie privaat. Hulle is nog nie weer saam as ’n paartjie nie, maar nie een het nog sy trouring afgehaal nie. Hulle spits hulle daarop toe om tyd saam met die kinders deur te bring en pret te hê. Om bymekaar te wees sal hulle help vordering maak.”