September 2001: William and Kate, albei kunsstudente aan die St. Andrews-universiteit in Skotland, ontmoet mekaar en raak in hul voorgraadse jare bevriend.

September 2003: Die twee en ’n paar vriende trek vir hul finale jaar by ’n kothuis in – in die verlede is albei met ander mense romanties verbind.

Kersfees 2003: Gerugte begin die ronde doen dat Kate en William dalk ’n paartjie is.

Maart 2004: Die verhouding word bevestig toe Kate en William saam by die ski-oord Klosters in Switserland afgeneem is.

Januarie 2006: Die paartjie word die eerste keer afgeneem terwyl hulle soen, weer by Klosters. William begin kort daarna sy militêre opleiding by die Sandhurst-akademie.

14 April 2007: William and Kate beëindig hul verhouding.

Junie 2007: Die twee soen mekaar by ’n weermag-partytjie en daar word gegis dat hulle versoen geraak het.

1 Julie 2007: Kate vergesel William na konsert by die Wembley-stadion ter nagedagtenis aan sy ma, wyle prinses Diana.

11 April 2008: Kate woon William se gradeplegtigheid by die Sandhurst-akademie by.

16 November 2010: Die paartjie maak hul verlowing bekend.

29 April 2011: William en Kate trou by die Westminster-abdy en kry die titel William en Catherine, die hertog en hertogin van Cambridge.

3 Desember 2012: Koninklike woordvoerders kondig aan dat Catherine haar eersteling verwag nadat sy met kwaai oggendnaarheid hospitaal toe geneem is.

22 Julie 2013: Catherine skenk by die Lindo-vleuel van die St. Mary-hospitaal in Londen die lewe aan ’n seuntjie. Die aankondiging is om 16:24 gemaak.

23 Julie 2013: Die babaprins, die derde troonopvolger, maak sy eerste openbare verskyning toe sy ouers hom uit die hospitaal bring en aan ’n groep wagtende medialede wys.

24 Julie 2013: Die paartjie kondig aan dat die baba prins George Alexander Louis van Cambridge sal heet.

23 Oktober 2013: George word in die Chapel Royal gedoop.

2 April 2014: Die paartjie neem George op sy eerste amptelike oorsese besoek na Nieu-Seeland en Australië.

22 Julie 2014: George vier sy eerste verjaardag.

8 September 2014: Koninklike woordvoerders kondig aan dat Catherine haar tweede kind verwag en weer met kwaai oggendnaarheid sukkel.

SAPA