Die aankondiging is Vrydagaand by die amptelike bekendstelling van Cliff Central gemaak.

Casper het gesê sy radioprogram gaan baie wees soos sy destydse TV-program, Die Casper Rasper Show, en sal bekendstaan as Die Casper Radio Show.

Luisteraars kan dieselfde humor as in sy ander vertonings en programme verwag.

“Ek is bitter opgewonde om bekend te maak dat Die Casper Radio Show einde Mei op cliffcentral.com as ’n twee uur lange program van 11:00 tot 13:00 sal begin,” het hy op sy Facebook-blad geskryf.

“Sodra ons gevestig is, sal die program drie maal per week uitgesaai word, en later dalk selfs daagliks!” het hy bygevoeg.

Hy het die program as volwasse en onopgesmuk beskryf en sê hy is vol vertroue dat die program ’n sukses sal wees.

Hy sê die program is “100% Casper – humor, komediesketse, interessante nuus, mense en ongewone musiek.”

Ekstra bronne: Die Burger, Facebook

- Mieke Vlok