’N HALFUUR voor die onderhoud veronderstel is om te begin, is ons nie meer seker of dit gaan gebeur nie: Carl Pistorius het griep, het die familiewoordvoerder pas laat weet.

Boonop het nog slegte nuus vanoggend gebreek: Terwyl die wêreld sy broer, Oscar, se moordsaak dophou, het dit nou aan die lig gekom Carl staan tereg op ’n aanklag van strafbare manslag ná ’n motorongeluk in 2008.

“Niemand se lewe bly onveranderd ná so ’n tragiese voorval nie. Niemand se lewe nie. En as ’n mens deel is van ’n hegte familie en een van die familielede se lewe verander, dan verander die landskap van al die ander s’n.”

Lees Marida Fitzpatrick se storie in die 7 Maart-uitgawe van Huisgenoot.