Carl het volgens berigte verskeie breuke opgedoen, maar volgens ‘n familiewoordvoerder is hy buite gevaar.

Hy het glo Vrydagaand van ? sakereis in Polokwane teruggekeer na Pretoria berig EWN.

Hy was op die N1 naby Pretoria toe 'n motor glo voor hom ingeswaai het.

Carl is verlede jaar op ? aanklag van strafbare manslag vrygespreek nadat sy bakkie ’n motorfietsryer in 2008 getref het.

Die motorfietsryer het ’n paar dae na die ongeluk aan haar beserings beswyk.

Bronne: EWN, Beeld.com, News24