WAARSKUWING - GRAFIESE FOTO'S

Hy het op Twitter gesê hy het kompartementsindroom, ’n komplikasie wat swelling van die been veroorsaak. As die druk nie met ’n insnyding verlig word nie, sterf die weefsel. Carl se ongeluk het sowat 18 km van die Kranskop-tolhek op die N1-snelweg na Pretoria, net buite Modimolle (Nylstroom), gebeur toe ’n sakeman van Venda reg van voor teen sy Toyota Tazz bots. Hy word tans by die Pretoria-Oos-hospitaal behandel. Hy het verskeie foto’s van sy bene getwiet.
“Ek het kompartementsindroom en my been is amper geamputeer,” het hy getwiet. “Nog ’n paar maande lê voor, ek is dankbaar.”
Hy het ook gesê hy het “ongelooflike” familielede, Oscar en Aimée, wat groot, strategiese mediese besluite namens hom geneem het. Carl het ’n foto van die motorwrak getwiet met die onderskrif: “God het my lewe gered.”

Bronne: Twitter, Beeld.com