Die klavier en koffietafel in haar sitkamer kreun onder die familiefoto’s. En sy’s mal oor kinders, vertel sy.

Hoe dan anders? Geslagte Afrikaanse kinders het grootgeword met “tannie Carike” se plate en TV-kenwysies. Dink maar aan Wielie Walie, Kraaines, Haas Das, Heidi…

En dink dan aan die afgelope 45 jaar! Dis hoe lank Carike Keuzenkamp al agter die mikrofoon en voor die kameras is, en steeds is sy een van die grootste huishoudelike name in die Afrikaanse musiekbedryf.

Lees meer in die 2012 Herfs-uitgawe van Tempo.

Volg Huisgenoot op Twitter.