Dis koud en nat toe ons land op De Gaulle Internasionale Lughawe. ’n Trietserige reëntjie weerkaats rye geel ligte op die landingstrook, net mooi die soort weer waaraan ’n mens jou herinner wanneer jy wonder of Afrika regtig die beste plek is om te woon.

Die sjarmante lughawe bevestig hoekom dit soms oortuiging verg. Die aanloop na die transito-lokale is ’n reuse, blink buik met rye en rye vensters, amper soos ’n tiervis se “liggies”.

Groot uitbeeldings van Franse kultuurskatte lok reisigers na Parys. Gauguin, Degas, Renoir, maar ook foto’s van die bou van die Eiffel-toring, die uitleg van Monet se tuine, die meubels van die Sonkoning. Veelkleurige Perspex-borde staan dakhoogte om almal te verwelkom in elke denkbare wêreldtaal, buiten Afrikaans, nieteenstaande al die Suid-Afrikaanse huiseienaars in Boussac.

Ek is in transito op pad na Nice en vandaar na die Internasionale Cannes Filmfees: op uitnodiging van die SA National Film and Video Foundation van die departement van kuns en kultuur. ’n  Reuse voorreg en ’n opwindende uitdaging.

Op die vlug na Nice sit ek langs ’n Pssy-aanhanger. Hy bekyk sy landgenoot se nuwe video, Gentleman, terwyl sy veelkleurige skoentjies met tosseltjies, ritmies tydhou. Hy dra ’n noupassende snyerspak met kort moue en ’n handsak wat presies nes sy vriendin s’n lyk. Sy, popmooi, in ’n pastel valletjiesrok en ’n mediese masker oor haar neus en mond. Die Air France-aankondigings word in Frans, Engels en Sjinees gemaak.

Van Nice na Cannes is die busrit lekker en die Franse vriendelik. Met ’n vorige besoek om die kookreeks Marita Kook te verfilm, wou niemand met ons Engels praat nie. Nie ongepoets nie, net ongeërg. Vir die 66ste Internasionale Cannes Filmfees is die Franse op hul heel beste Engels en ontvang buitelandse besoekers met ope arms.

Hier gaan dit lekker word . . . ek moet gaan registreer . . .

-  Marike Bekker [caption id="attachment_36802" align="aligncenter" width="563"]Die Carlton-hotel waar die Leonardo Dicaprio en die ander sterre van Great Gatsby bly Die Carlton-hotel waar die Leonardo Dicaprio en die ander sterre van Great Gatsby bly[/caption] [caption id="attachment_36670" align="aligncenter" width="397"]Daar’s nooit ‘n vervelige oomblik by die Cannes-filmfees nie en talle interessante karakters Daar’s nooit ‘n vervelige oomblik by die Cannes-filmfees nie en talle interessante karakters [/caption] [caption id="attachment_36671" align="aligncenter" width="379"]Nog ‘n interessante karakter Nog ‘n interessante karakter[/caption] [caption id="attachment_36669" align="aligncenter" width="400"]‘n Betoger teen kapitalisme ‘n Betoger teen kapitalisme [/caption]

[caption id="attachment_36668" align="aligncenter" width="450"]Betogers teen Hollywood-films, wat van mening is dat Cannes is vir onafhanklike films is en nie lokettreffers nie Betogers teen Hollywood-films, wat van mening is dat Cannes is vir onafhanklike films is en nie lokettreffers nie[/caption]

Jongmense met papierbordjies wat aanbied om enigei iets te doen vir 'n kaartjie na die rooitapyt geleenthede
Jongmense met papierbordjies wat aanbied om enigei iets te doen vir 'n kaartjie na die rooitapyt geleenthede

[caption id="attachment_36674" align="aligncenter" width="491"]Die Suid-Afrikaanse vlag wapper by Cannes Die Suid-Afrikaanse vlag wapper by Cannes [/caption]

[caption id="attachment_36667" align="aligncenter" width="378"]Roberta Durrent wat die fliek 'Felix' gemaak het Roberta Durrent wat die fliek 'Felix' gemaak het[/caption]