Hulle is twee van die onderklere-reus Victoria’s Secret se gewildste modelle, maar dié twee engeltjies het vanjaar besluit om die gesogte Victoria's Secret-modevertoning mis te loop sodat hulle al hul aandag aan hul kroos kan wy.

BC
Candice Swanepoel (28) en haar jare lange kêrel, Hermann Nicoli, se seuntjie, Anacã, is op 5 Oktober gebore, en Behati Prinsloo (27) en haar sanger-man, Adam Levine, se Dusty Rose op 21 September. Die onderklerevertoning word op 5 Desember vanjaar op die TV-kanaal CBS uitgesaai en gaan soos altyd wemel van bekendes, musikante en topmodelle. Lady Gaga en Bruno Mars tel onder die kunstenaars wat optree. Tog is dit duidelik Candice en Behati het in dié stadium net oë vir hul kleingoed. "Ons klein leeutjie geniet dit om rustig te ontspan. Hy is beslis my seun!" het Candice onlangs op Instagram geskryf toe sy 'n skattige foto van haar spruit deel. Anacã is 'n Brasiliaans-Portugese woord vir "voëltjie". Sy het ook 'n oulike foto gedeel van haar en haar seun wat bypassende tekkies dra.

?

A photo posted by Candice Swanepoel (@angelcandices) on

Die nuwe ma het onlangs haar verjaardag gevier en Behati het haar gelukgewens met 'n Instagram-inskrywing waarin sy skryf: "Ek is so lief vir jou. Om jou in my lewe te hê is alles, sielsuster."
Al loop sy die vertoning mis, is Behati se lyf beslis gereed om na die loopplank terug te keer. Sy het omtrent sexy gelyk toe sy die afgelope week Halloween vier en die uitrusting wat Julia Roberts in die fliek Pretty Women dra as kostuum gedra het.
“Ons is baie opgewonde. Dis ’n nuwe hoofstuk in ons lewe waarna ons baie uitsien,” het Behati se pa, Boet Prinsloo, kort voor Dusty Rose se geboorte die hele ent uit Grootfontein aan Huisgenoot gesê. Hy en sy vrou, Magda, bedryf ’n gastehuis in die noorde van Namibië.