Toe sy op 11 Julie by die Kroningsfees by Buckingham-paleis daaroor gevra is, het sy geantwoord: “Ja, ons is baie opgewonde. Ons sien vreeslik uit daarna en wag vir die oproep.”

Vriende het onthul Catherine, wat voor haar troue met William as Kate Middleton bekend was, “voel baie goed” en het baie amper gisteraand se verrigtinge ter viering van die beste Britse sake-ondernemings bygewoon.

Richard Palmer, ’n koninklike korrespondent van die koerant Daily Express, het getwiet: “Vriende sê Kate voel baie goed en het selfs in ’n stadium vandag oorweeg om vanaand se konsert by Buckingham-paleis by te woon. Sy het op die ou end besluit om by die huis te bly, maar haar ouers, broer en suster was saam met die koninklikes in die BBP-deel.”

Catherine se ma en pa, Carole en Michael Middleton, en haar broer en suster, James en Pippa Middleton, het die gebeure saam met Charles en Camilla uit die koninklike losie aan die agterkant van Buckingham-paleis dopgehou.

Catherine sal na verwagting op13 Julie in die privaat Lindo-vleuel by die St. Mary-hospitaal in Londen die lewe skenk.