Die hertogin van Cornwall (66) het hom en sy gesin by die British Food Fortnight’s Harvest Festival by Westminster Abbey in Londen ontmoet.

Sy het gesê: “Dis besig om baie opwindend te raak. Maar waar is jy?”

Hy het geantwoord: “Ek is aan die vlug, wag maar en kyk.”

Camilla het ook Damian (42) en sy vrou, die aktrise Helen McCrory (45), se kinders uitgevra.

Sy wou by Manon (7) en Gulliver (5) weet: “Kyk julle na jul pa op die kassie? Mag julle?”

Die akteur het gelag: “Vir seker nie. Gelukkig is hul ma in Harry Potter (sy is Narcissa Malfoy), en hulle kan daarna kyk.”