Ná 30 jaar saam is Callie en Monique Strydom se huwelik op die rotse, berig Netwerk24.

Volgens die nuuswebtuiste het Monique Callie om ’n egskeiding gedagvaar.

Die egpaar van Kaapstad is in 2000 vir sowat vier maande in die Filipyne saam met 19 ander toeriste as gyselaars aangehou nadat hulle deur ’n groep Moslem-ekstremiste tydens ’n duikvakansie uit Sipidan, Maleisië, ontvoer is.

Monique het in Januarie 2013 aan Huisgenoot gesê haar verhouding met Callie is “sterker as ooit” omdat hulle saam deur ’n doodsvrees in die gesig gestaar is.

Lees ook: Kallie en Monique, 10 jaar later

“As jy noodgewonge vier maande lank 24 uur per dag saam met jou maat moet deurbring en dit kan oorleef, kan jy enigiets oorleef,” het Monique destyds gesê.

In die maande ná hul vrylating het sy swanger geraak met hul seun Luc. Hy was hul “wonderbaba” want hy is verwek nadat sy gehoor het haar kans om swanger te raak, is skraal.

[caption id="attachment_124826" align="aligncenter" width="600"]Foto: Huisgenoot Foto: Huisgenoot[/caption]

Ná afloop van die traumatiese gebeure het die Callie en Monique hulle op liefdadigheidswerk toegespits.

“Om die woud te oorleef, om teen alle verwagting in met Luc swanger te raak en met ons liefdigheidsorganisasie te begin, glo ek was alles deel van God se groter plan vir ons.

“Ons geloof het nooit gewankel nie, selfs toe ons seker was ons sou sterf,” het Monique destyds gesê.

So het Callie en Monique in 2012 hul nagmerrie-ervaring herleef.

Ander stories op Huisgenoot.com:

Beeldskone Elizabeth Hurley rits rond in Afrika en deel foto’s van haar avonture!

Kyk: Bobby bult sy spiere en maak saam sus Karlien ’n verskil in behoeftige kinders se lewe

Man ry 1400 km ver om 15 bakke KFC vir sy vrou op hul vyftiende huweliksherdening te koop!

‘Ek het niks oorgehad nie’: SA-man vertel roerend van sy 35 jaar lange stryd met dwelms