Hy kon dit nie glo toe hy dit in die koerant lees nie: Sy jare lange vriend en oud-spanmaat Joost van der Westhuizen het dalk ook ’n vernietigende neurologiese siekte – net soos hy.

André Venter (41), oud-Springbokflank, het Joost dadelik gebel. André is immers self in ’n rolstoel weens ’n neurologiese siekte en kan beter as enigiemand anders verstaan waardeur sy vriend gaan.

Toe hy lees Joost se arms is verswak en hy sukkel met sy spraak, het hy onthou hoe hy ook mettertyd die gevoel in sy voete en sy bene verloor het.

In die nuutste uitgawe van Huisgenoot praat André Venter oor die uitdagings wat hy daagliks ervaar en moedig hy Joost aan om positief te bly in hierdie moeilike tyd.

Lees meer in die Huisgenoot van 14 Julie. 

Volg Huisgenoot op Twitter.