Net ná tien op die aand van Maandag 29 September 1969 het 'n aardbewing die Boland getref. Tot vandag toe word dit as die mees vernietigende aardbewing in Suid-Afrika se geskiedenis beskou.

Die middelpunt van die aardbewing was by Saron, 'n landelike gebied naby Tulbagh en Wolseley. Dit het 'n allemintige 6,3 op die Richterskaal geregistreer.

Thelma Cilliers het 'n boek (Die Aarde Het Gebewe) oor daardie skrikwekkende aand geskryf; die aand wat talle geglo het die einde van die wêreld aangebreek het.

In die boek vertel sy van hoe hulle in die motorhuis weggekruip het vir die res van die nag. Selfs die bure was by. Daar was geen ontsnaproete nie, want die berg was aan die brand en hul motor buite werking.

Die brand is veroorsaak deur vallende rotse wat vonke afgegee het.

Sy vertel ook hoe talle mense absoluut niks, buiten die klere wat hulle aangehad het, ná die aardbewing gehad het nie.

Dit alles te wyte aan 'n aardbewing wat kwalik 15 sekondes geduur het.

Huise, strate en kerke het voor die geweld van die aardbewing die knie gebuig. Waar eens trotse geboue gestaan het, was daar nou strate vol bourommel en verdwasing.

Die NG kerke op Tulbagh en Wolseley moes gesloop word.

[caption id="attachment_138856" align="aligncenter" width="600"]Ongelooflike skade aan die NG Kerk, Tulbagh. Ongelooflike skade aan die NG kerk Tulbagh.[/caption]

[caption id="attachment_138855" align="aligncenter" width="650"]'n Skets van die ou NG kerk, Wolseley 'n Skets van die ou NG kerk Wolseley. Dit was net 26 jaar oud toe dit weens skade van die aardbewing in 1969 gesloop moes word.[/caption]

Etienne du Plessis skryf op flickr.com hy was in die Colosseum-bioskoop in Kaapstad toe die sitplekke begin skud. Mense het na die uitgange gehardloop.

Die volgende dag het die koerante die nuus vertel dat aansienlike skade aangerig is deur die aardbewing en dat 11 mense dood is. Geen skade is in Kaapstad aangerig nie.

Maar hy sê wat die mees verstommende was, was die verskyning van honderde rotte wat deur die strate begin hardloop het, so asof iets ongewoons gaan gebeur.

'n Omstander het glo opgemerk dat die rotte meer skrikwekkend as die aardbewing was.

Nadat die aardbewing opgehou het, het die rotte weer verdwyn.

Dié natuurramp het die hart van mense dwarsoor Suid-Afrika aangegryp. Rampfondse is tot stand gebring en restourasieprojekte van stapel gestuur. Dit was asof elke mens persoonlik verliese gely het.

Vandag is die bekoorlike Kerkstraat in Tulbagh hervestig as een van die juwele van die Boland. Daar sal jy die grootste aantal Kaaps-Hollandse, Edwardiaanse en Victoriaanse erfenisgeboue in een straat aantref.

So het lesers op ons Facebook-blad onthou:

<center><iframe src="https://www.facebook.com/plugins/comment_embed.php?href=https%3A%2F%2Fwww.facebook.com%2Fhuisgenoot%2Fposts%2F10153905575960222%3Fcomment_id%3D10153906987910222&include_parent=false" width="560" height="249" scrolling="no" frameborder="0" allowTransparency="true"></iframe></center>

<center><iframe src="https://www.facebook.com/plugins/comment_embed.php?href=https%3A%2F%2Fwww.facebook.com%2Fhuisgenoot%2Fposts%2F10153905575960222%3Fcomment_id%3D10153906122735222&include_parent=false" width="560" height="201" scrolling="no" frameborder="0" allowTransparency="true"></iframe></center>

<center><iframe src="https://www.facebook.com/plugins/comment_embed.php?href=https%3A%2F%2Fwww.facebook.com%2Fhuisgenoot%2Fposts%2F10153905575960222%3Fcomment_id%3D10153906023825222&include_parent=false" width="560" height="161" scrolling="no" frameborder="0" allowTransparency="true"></iframe></center>

KLIK HIER en lees nog meer van ons lesers se herinneringe aan daardie dag.   Bronne: sahistory.org.za, wikipedia.com, stormchasing.co.za, iol.co.za Save Save