“Ons het die dossier om ’n besluit te kan neem,” het die woordvoerder van die NVG in die Wes-Kaap, Eric Ntabazalila, gesê.

Hy wou nie verder daaroor uitwei nie.

Die Van Breda-gesin is in Januarie in hul huis in die De Zalze-gholflandgoed by Stellenbosch aangeval. Die 16-jarige Marli van Breda en haar 20-jarige broer, Henri, het die aanval oorleef. Hul ouers, Martin (55) en Theresa (54), en ouer broer, Rudi (22), is vermoor.

Marli is kritiek beseer tydens die bylaanval en is sedertdien in die hospital.

Ben Rootman, woordvoerder vir die gesin, het na bewering gesê daar was onlangs tekens dat haar toestand besig is om te verbeter.

Die woordvoerder van die nooddienste, Robert Daniels, het vroeër gesê Marli het ’n bylwond in die kop en haar nekslagaar is afgesny.

- Sapa