Die student het ’n 77-jarige vrou, Tomoko Mori, herhaaldelik met ’n byl gekap en daarna met ’n serp verwurg omdat sy glo “nie heeltemal dood” was nie.

Tomoko het die student ontmoet toe sy haar na ’n godsdiensgroep genooi het.

Die student is Dinsdag in hegtenis geneem en het na bewering aan die polisie vertel: “Ek wou al sedert my kinderdae net iemand doodgemaak het. Dit kon enigiemand gewees het.”

Bronne: eNCA, Channel News Asia, AFP