Die luukse huis waarin Martin (54) en Teresa (55) van Breda en hul seun Rudi (22) vroeër vanjaar in ’n gru-bylaanval vermoor is, is in die mark, berig Netwerk24.

[post-slider]

Die spoghuis van 364?m² op die gholflandgoed De Zalze in Stellenbosch is vir R6,2?miljoen in die mark.

Luidens die advertensie op Re/Max Oaktree Stellenbosch se webwerf spog die huis met vier slaapkamers, vier badkamers, twee leefareas, ’n swembad en twee motorhuise.

Drie van die slaapkamers is op die boonste verdieping van die huis. Elkeen van dié slaapkamers het sy eie badkamer en ’n klein balkon.

Die woning en die meubels word glo afsonderlik verkoop.

Volgens Netwerk24 het Ben Rootman, ’n woordvoerder vir die Van Breda-familie, gesê dat die huis ’n bate van die Rudell Holdings Trust is, waarvan Martin en Teresa albei trustees was.

Die Van Breda-gesin het middel-2014 in die dubbelverdiepinghuis ingetrek.

Martin, Teresa en Rudi is tussen 26 en 27 Januarie vanjaar in ’n bylaanval in hul huis vermoor. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem ie.

Hulle dogter, Marli (16), het die aanval oorleef, maar herstel nog van die ernstige kop- en breinbeserings wat sy opgedoen het.

Haar ander broer, Henri (20), het die aanval ook oorleef.

LEES MEER HIER

SIEN EKSKLUSIEWE FOTO’S VAN MARLI IN DIE NUWE

HUISGENOOT - KOOP DIT NOU IN DIGITALE FORMAAT