Sy het gesê meerminne het haar aangesê om dit te doen, het Beeld Woensdag berig.

Charnice Smith (29) van Jan Hofmeyer het Dinsdag vlugtig in die Newlands-landdroshof verskyn nadat ’n vyfjarige seun verlede Woensdag met ’n stuk glas bygekom is. Charnice is dieselfde dag in hegtenis geneem en van aanranding aangekla.

Volgens die berig was bure besig met opknappingswerk toe Charnice na bewering begin gil het en op kinders op die sypaadjie begin vloek het.

Die buurvrou het hulle aangesê om haar te ignoreer, maar Charnice het later uit die huis gekom met ’n stuk glas en na bewering een kind se rug gesny.

“Sy het geskree die ‘meerminne’ het haar gestuur om almal te vermoor,” verduidelik Charon Scott. Charon moes die bloedbesmeerde vrou van die kinders wegkry. Sy het bygevoeg die seun se ma was verlig dat hy nie dood of ernstig beseer is nie.

Charnice is na die Sterkfontein-hospitaal vir sielkundige waarneming gestuur en sal op 28 Augustus weer in die hof verskyn.

– Sapa