Kort duskant 12:00 Vrydagmiddag het 10 mense gesterf toe ’n weermagbus op die R712 in die Vrystaat teen ’n helling afgerol het. Die R712 is die roete tussen Golden Gate en Kwa-Kwa. Minstens 40 mense is in die ongeluk beseer. Na wat berig word het nege mense op die toneel beswyk en die tiende persoon na aankoms by die hospitaal.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is tot dusver onbekend. ER24 en verskeie ander nooddienste is op die toneel om hulp te verleen.

Bronne: er24.co.za, timelive.co.za