Arno in die hospitaal

“Milan Jordaan is gebore 12:17pm! Hys ’n bulletjie 3,3kg ! Dankie liewe Jesus! Ons gaan nou gaan bal skop!! ;) Dankie vir al die mooi wense,” het Arno pas getwiet.

’n Paar minute voor die geboorte het Arno die foto van homself in die hospitaal getwiet: ““Oor my paar minute is ek n pappa! o my word!!!”

Dit lyk of Arno, nes Bobby van Jaarsveld, besluit het om sy seun se stamselle  te stoor.  Bobby het destyds laat weet dat hy besluit het om Leben se stamselle se stoor om “sodoende te weet dat ons toegang het tot die stamselle sou daar enige behoefte wees tydens enige siektes in die toekoms,” het hy op Facebook geskryf.

Die groep Cryo-Save beskryf hulself op Twitter as die grootste stoorplek vir stamselle in Afrika en Europa. Hulle sê ook hulle hou verskeie internasionale akkreditasie vir die versameling en verwerking van naelstringbloed en- weefsel.

Arno het getwiet “ Thx to @cryosavesa for assisting us on this special day!” en daar was ’n foto van die boks op Lizanie se bed.

Loren Pienaar