’n Senior bankamptenaar van die African Development Bank is Woensdagaand dood aangetref in haar kantoor in Centurion.

Kapt. Kay Makhubele, 'n polisiewoordvoerder, sê ’n geregtelike doodsondersoek sal gedoen word om die oorsaak van haar dood vas te stel.  Geen misdaad word vermoed nie.

Die motorbestuurder het afgekom op die lyk van die vrou (48), wat glo ’n buitelandse ambassadeur is.

Haar naam is nog nie bekendgemaak nie.

Die polisie ondersoek die voorval.