Die 30 000 inwoners van Yumen in die noordwestelike provinsie Gansu in China mag nie dié stad verlaat nie en polisieblokkades om die stad raai motoriste aan om alternatiewe roetes te volg, berig die Chinese staatsuitsaaier.

Die 38-jarige slagoffer is verlede Woensdag oorlede nadat hy in aanraking met ’n dooie marmot was.

“Die stad het genoeg rys, meel en olie om al die inwoners vir een maand te voorsien,” lui ’n verklaring.

“Plaaslike inwoners en dié wat in kwarantyn is, is almal in ’n stabiele toestand.”

Wat is builepes?

Sowat 50 miljoen mense is al aan builepes oorlede. Mense met hierdie siekte se limfkliere is seer en geswolle. Dié geswelde kliere word buile genoem. Builepes word veroorsaak deur die byt van ’n besmette vlooi. Daar was drie berugte pandemies in die geskiedenis:

  • 541 v.C.-44 n.C. Ethiopië, Mediterreense lande – 100 miljoen dood
  • 1347-1352 Asië, Europa, Rusland – 50 miljoen dood. Dis die berugste builepes-pandemie.
  • 1894-1959 China, Hong Kong, Australië, Indië en toe die res van die wêreld – 15 miljoen dood

Builepes het in die moderne tyd afgeneem danksy verbeterde higiëne, wat vlooie en rotte (wat die besmette vlooie “vervoer”) ál meer bestry.

Bronne: Sapa, Huisgenoot Skooltake 2014