Die Springbok-vleuel Bryan Habana en sy vrou, Janine, verwag hul eersteling! Janine het vroeër vandag die nuus op haar Facebook-profiel bekendgemaak.

“Ek en @BryanHabana is baie opgewonde om ons seëning van Bo aan te kondig, ons klein bondeltjie liefde! In 2014 gaan ons gesin met een groei! #BabaHabana #dankbaar #geseënd” het sy opgewonde laat hoor.

Die paartjie woon deesdae in Frankryk waar Bryan vir die Franse klub Toulon speel.

Die TV-aanbieder en aktrise Nadia Beukes, wat oor Nuwe Jaar by die paartjie gekuier het, sê Janine is nog nie by die halfpad merk in haar swangerskap nie, maar dat hulle baie opgewonde is oor hul eersteling se koms.

“Sy is die mees gemaklikste swanger vrou wat ek ken,’’ sê Nadia, wat Janine al 13 jaar ken en ook hul strooimeisie was op hul troue.

‘‘Janine het alles gedoen saam met ons. Sy was nie vir ’n oomblik moeg nie. Sy sprankel al die pad. Dis dalk omdat sy so fiks en fantasties is. Hulle is baie opgewonde en ek sien baie uit om die kleintjie te ontmoet.’’

Veels geluk julle twee!

[caption id="attachment_64518" align="aligncenter" width="441"]Janine het hierdie foto van die sona op Facebook gedeel. Janine het hierdie foto van die sona op Facebook gedeel.[/caption]