Die rugbyheld Bryan Habana (33) het ’n roerende skrywe oor die Springbokspan se teleurstellende jaar op Facebook neergepen.

[caption id="attachment_148064" align="aligncenter" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

“Die pyn, teleurstelling en laagtepunte wat die laaste drie weke afgespeel en wat die laaste ses maande gebeur het, is die swaarste en laagste punt wat ek nog in my rugbyloopbaan beleef het,” skryf hy.

Bryan, wat op die oomblik vir die Franse klub Toulon speel, voeg by dat die Springbokspan se spel nie op peil is nie en dat die span verantwoordelikheid hiervoor aanvaar.

“Ek verstaan ten volle watter hartseer, ontevredenheid en mismoedigheid daar gevoel word oor waar die Springbokspan nou is en ek is bereid om die kritiek te aanvaar vir die rol wat ek hierin gespeel het,” sê Bryan.

Hy glo oop, eerlike gesprekke moet gevoer word met onder andere spelers, administrasielede, politici en afrigters sodat die span herbou kan word en nuwe strategieë geskep kan word.

“Ongeag of ek deel is van die span vorentoe en of veranderinge gemaak word op administratiewe, speler- of afrigtersvlak, kan ons nie moed verloor dat ons nie die saak kan red nie.”

Lees Bryan se volledige inskrywing hier: