Dié Bokke verdien onderskeidelik R8,4 en R6,8 miljoen en besorg vir Bryan die sesde plek op die lys en vir Bakkies die negende plek.

Die Britse publikasie Daily Telegraph het ’n lys bekendgestel van die 10 rykste rugbyspelers, asook hoeveel elkeen verdien. Die All Black-speler Dan Carter verdien met R17,7 miljoen die meeste.

Hier is die lys van die top-10:

1. Dan Carter – £1 m (R17,7 m)

2. Matt Giteau – £700 000 (R12,4 m)

3. Leigh Halfpenny – £600 000 (R10,6 m)

4. Sam Burgess – £500 000 (R8,9 m)

5. Johnny Sexton – £494 000 (R8,8 m)

6. Bryan Habana – £474 000 (R8,4 m)

7. Morgan Parra – £436 000 (R7,7 m)

8. Thierry Dusautoir – £408 000 (R7,2 m)

9. Bakkies Botha, Toulon – £389 000 (R6,8 m)

10. Jamie Roberts – £380 000 (R6,7 m)