Bryan gaan in Januarie 2014 as deel van sy Bare Bones-wêreldtoer in Johannesburg, Kaapstad, Durban en Port Elizabeth optree.

Konsertgangers kan uitsien na ’n unieke akoestiese optrede wanneer Bryan van sy nuwe en mees gewilde liedjies sing. Bare Bones is ’n versameling van sy akoestiese optredes.

Kaartjies sal van 4 Oktober af om 09:00 op Computicket en Big Concerts te koop wees. Kaartjiepryse is tussen R300 en R690, na gelang van die stad en sitplek.