Die polisie het dadelik begin om huise te deursoek en alle moontlike leidrade is opgevolg. Twee mense is by ’n noordelike ondergrondse treinstasie in hegtenis geneem, maar dis onseker of hulle by die noodlottige aanvalle betrokke was. Laatmiddag het gissings Twitter aan die brand gehad rondom drie mans wat moontlik vir die terreurdade verantwoordelik was. Hoewel IS glo verantwoordelikheid vir die aanvalle aanvaar het, is die drie name wat opgeduik het, mans van Belarus. ’n Belgiese dagblad het ook ’n foto van twee van die verdagtes gepubliseer.

’n Tweede foto beeld egter 'n derde persoon uit wat ook in hierdie stadium as ’n moontlike verdagte beskou word.
“Wat ons gevrees het, het gebeur. Ons is deur blinde aanvalle getref,” was die Belgiese eerste minister se reaksie op die terreuraanvalle.

Lees ook: Ontploffings ruk Brusselse lughawe

Luidens berigte is drie Amerikaanse Mormoonse sendelinge in die ontploffing op die Zaventem-lughawe beseer. Pres. Barack Obama het sy simpatie telefonies aan die Belgiese eerste minister, Charles Michel, oorgedra. Hy het ook sy steun teen die “teistering van terrorisme” verklaar. Intussen duik nog meer grusame besonderhede op wat die omvang van die sinlose daad verder beskryf. In nog ’n verwikkeling is ’n kernaanleg in Tihange in die ooste van België laatmiddag ontruim.

Die legendariese Belgiese karakter Tintin, oftewel Kuifie soos hy in Afrikaans bekend staan, word as ’n simbool van solidariteit met Brussel aangewend.
Lees ook: IS aanvaar verantwoordelikheid vir bomaanvalle in Brussels

Ander stories op Huisgenoot.com

Elfjarige se pretrit eindig agter tralies

Twitter is 10 jaar oud! Kyk wat was dié SA bekendes se eerste twiets

Dié hawelose se liefdesverhaal sal jou weer in feëverhale laat glo

Chi Chi kan weer hardloop ná sy gemartel is ‘om haar vleis sag te maak’