Aangrypende tonele van vernietigende chaos, bloed, hartseer en desperate soeke na vermiste vriende en familie het Dinsdag en Woensdag in sosiale media hoogty gevier. Die drie bomontploffings in Brussel, België, het ’n eensgesindheid wêreldwyd aangewakker, met huldeblyke in verskeie lande. Hier is ’n paar foto’s wat vertel van ’n land wat saamgesnoer staan teen die aanvalle waartydens talle onskuldige mense gesterf het en beseer is. Lees ook: Brussel-bloedbad: ‘Ek het foto’s geneem, ek het nie geweet hoe om die mense te help nie’ Koningin Elizabeth II en prins Philip het ook hul simpatie uitgespreek met almal wat deur die ontploffings geraak is.

Jenson Button, Formule 1-renjaer van Engeland, het hierdie treffende boodskap Woensdagoggend op Twitter gedeel.

Adele het almal teenwoordig by haar vertoning op 22 Maart versoek om hul selfoonflitse aan te skakel tydens haar spesiale huldeblyk aan Brussel.

Versplinterde glas, versplinterde lewens . . .

Huldeblyke in Parys, wat op 13 November verlede jaar ook deur ’n terreuraanval in rou gedompel is.

Veiligheid word opgeskerp, selfs in Los Angeles.

Huldeblyke in Brussel.

’n Eenvoudige, dog treffende pleidooi om Brussel teen die donker tye te verlig.

Afbeeldings van die bekende Manneken Pis-beeldjie het een van die sterk simbole teen terrorisme geword.

In skok en hartseer vasgevang.

Wanneer dit selfs te veel raak vir diegene wat gewoonlik mense red en beskerm.

Tydelike herberg vir gestrandes.

Griekse koerantopskrifte verkondig die skokkende nuus.

’n Smeekgebed . . .

. . . gevolg deur ’n kreet van magteloosheid.

Het sy dalk iemand in die aanvalle verloor? Of is sy een van die oorlewendes?

’n Bloedige dag in Brussel.

’n Land in rou gedompel.

Soveel hartseer, soveel lewens vir altyd verwoes.
Dis nie net foto’s wat die omvang van die terreurdaad uitbeeld nie – Illustrasies beeld die emosies net so goed uit.

Ander stories op Huisgenoot.com

Meer inligting bekend oor die verdagtes van die Brussel-bloedbad

‘Boeremeisie’ Minki van der Westhuizen kry Britse burgerskap

Meghan Trainor: Ek verstaan nie die hele ‘groot lippe’-neiging nie