Op ’n perskonferensie in Brussel is twee van die selfdoodbomdraers wel geïdentifiseer. Brahim el-Bakraoui was een van dié wat vir die slagting by die lughawe verantwoordelik was en sy broer, Khalid el-Bakraoui, vir die ondergrondse treinstasie-ontploffing. Lees ook: Verdagte nommer drie glo vasgekeer

Op die perskonferensie is bevestig 31 mense het gesterf en 271 mense is tydens die drie ontploffings beseer. Die Belgiese staatsaanklaer Frederic van Leeuw het genoem dat plofstof, bomontstekers en spykers gevind is by ’n adres in Anderlecht wat deur ’n huurmotorbestuurder aan die polisie bekend gemaak is. Hy het na bewering drie mans van daardie adres na die lughawe vervoer.

Volgens die polisiekommissaris Catherine de Bolle het die huurmotorbestuurder die polisie na die adres geneem. Sy noem voorts daar is bomvervaardigingstoerusting, chemikalieë, rekenaars en ’n tas vol spykers gevind.

Frederic het ook bekend gemaak dat twee mense in hegtenis geneem is. Een is vrygelaat en die ander een word nog ondervra.

Tydens die perskonferensie het hy aangedui dat die derde selfdoodbomdraer se tas – wat die grootste lading by die lughawe bevat het – nie ontplof het nie.

Lees ook: Brussel-bloedbad: ‘Ek het foto’s geneem, ek het nie geweet hoe om die mense te help nie’

Brahim het glo volgens gerugte ’n testament op ’n rekenaar agtergelaat. Volgens die nuusagentskap Al Arabiya het Brahim glo geskryf: “Ek weet nie wat om te doen nie” en dat hy gevrees het die polisie sou hom vastrek.

Die identiteit van die tweede selfdoodbomdraer by die lughawe kan nog nie bevestig word nie, maar volgens Frederic word DNS-toetse uitgevoer om vas te stel wie dit was.

Bronne: timeslive.co.za, euronews.com, breakingnews.com, bbc.com?

– Saamgestel deur Annelene Oberholzer

Ander stories op Huisgenoot.com

‘Boeremeisie’ Minki van der Westhuizen kry Britse burgerskap

Meghan Trainor: Ek verstaan nie die hele ‘groot lippe’-neiging nie

Van Mej. Reëndruppel na Mej. SA: Ons gesels met Ntandoyenkosi Kunene, haar ouers

Kyk hoe ‘grênd’ is Getroud met Rugby se nuwe stel

Kyk net Mamma se liefling! Bekendes deel kostelike kiekies van hul oulike spruite