Terreurdade en geweld is nie nuutjies vir haar nie. Sy was in 2011 in Oslo toe Anders Behring Breivik 77 mense doodgemaak het – eers met ’n tuisgemaakte bom voor regeringsgeboue en twee uur later in ’n aanval op ’n somerkamp waar hy 68 mense koelbloedig doodgeskiet het. Minstens 209 mense is in dié aanval beseer.

Lees ook: Brussel-aanval - moontlike verdagtes identifiseer

Ketevan was ook daar om dekking te verleen ná die aanvalle in Parys op 13 November 2015.

Maar wat in Brussel plaasgevind het, was iets wat sy as “onmoontlik” bestempel, iets waarop niemand voorbereid was nie.

Op 22 Maart het sy haar op die eerste vloer van die internasionale lughawe in Brussel bevind. Sy was besig om met haar bestuurder oor haar vliegkaartjie na Genève te gesels.

Sy het ’n groot swart item aan haar linkerkant opgemerk, onseker wat dit was. Maar dit het wel vir haar verdag voorgekom. En haar vrese was nie ongegrond nie.

Etlike sekondes nadat sy die item opgemerk het, het die eerste ontploffing deur die gebou geruk. Minder as ’n minuut later ’n tweede, kragtiger ontploffing.

Ketevan se eerste reaksie was om haar werk te doen: foto’s te neem.

Lees ook: Ontploffings ruk Brussels-lughawe: Talle beseer, honderde vasgekeer

“Ek het foto’s geneem. Ek het nie geweet hoe om die mense te help nie. Ek is nie ’n dokter nie, ek’s ’n joernalis.

“Toe ek besef het ek leef nog, was die eerste ding wat ek gedoen het, om foto’s te neem,” vertel sy.

Ketevan het haar foto’s op sosiale media gedeel en die wêreld só die eerste indrukke van ’n grusame terreurdaad verskaf.Haar foto van die twee verdwaasde, bebloede vroue met hul verskeurde klere het die wêreld tot in sy siel geruk.

[caption id="attachment_120760" align="aligncenter" width="600"]Foto: Facebook (Ketevan Kardava) Foto: Facebook (Ketevan Kardava)[/caption]

Die vrou met ’n geel baadjie aan, is deur die Daily Mail as Nidhi Chaphekar geïdentifiseer. Sy is ’n Indiese lugwaardin van Moembai. Nidhi, ’n ma van twee, het net voor die ontploffing by die terminaal aangekom om haar kollegas vir ’n vlug na Newark, Amerika, te ontmoet.

“Ek het met die polisie gesels. Hulle het vir inligting gevra oor die foto’s wat ek geneem het,” vertel Ketevan.

Op ’n geslote kringtelevisiefoto wys sy waar sy gestaan het toe die eerste bom afgegaan het. Dit is skrikwekkend naby waar sy haarself bevind het.

[caption id="attachment_120759" align="aligncenter" width="600"]Foto: Facebook (Ketevan Kardava) Foto: Facebook (Ketevan Kardava)[/caption]

“Deure het deur die lug getrek; vensters het deur die lug getrek. Almal het gehuil. Daar was ou mense en kinders op die vloer. Ek het soveel beseerde mense gesien.

Op Ketevan Kardava se Facebook-blad is dié jong man deur Amande Whitesell as Sebastien Bellin, ’n inwoner van Michigan, Amerika identifiseer.

[caption id="attachment_120761" align="aligncenter" width="488"]Foto: Facebook (Ketevan Kardava) Foto: Facebook (Ketevan Kardava)[/caption]

Magalie Bonnet het die volgende op dieselfde Facebook-blad geskryf: "Hierdie man is ’n vriend van ons . . . hy's ’n basketbalspeler wat ’n paar jaar gelede in België gespeel het. Hy het vandag (op 22 Maart) ’n operasie ondergaan en ons hoop alles draai goed uit. Ek dink aan alkeen wat deur hierdie grusame daad geraak is... (en ek dink die hele wêreld is daardeur geraak).

Bronne: dailymail.co.uk, YouTube, Facebook.

Lees ook op Huisgenoot.com

Suid-Afrika is nie immuun teen terreur nie

Kyk: Elfjarige rakker se pretrit eindig agter tralies

Kyk: Jack Parow se dogter kappit yt op pa se musiek

Negejarige: ‘Ouma, hulle het my geskiet’