Soveel so dat Berocca nou sy verskyning op winkelrakke in Amerika sal maak. Bloomberg Businessweek berig dat dié produk, wat al jare in lande soos Suid-Afrika, Engeland, Australië en Frankryk beskikbaar is, nou deur die vervaardiger, Bayer, na Amerika geneem sal word.

Volgens die artikel is die bruistablette die “wêreld se antwoord op babbelas”.

In ’n opgeloste glas Berocca kry jy vitamien B en C, asook magnesium en kalsium. Berocca se amptelike standpunt is dat daar geen navorsing gedoen is oor die uitwerking van Berocca op ’n babbelas nie, maar dat die vitamiene en water jou die wingerdgriep kan help oorkom.

“Dit is nou die regte tyd en die regte oomblik,” het Lara Pinkett, die senior handelsmerkbestuurder van Berocca, by Bayer Gesondheidsorg oor hul Amerikaanse planne gesê.

- Almari Wessels