‘n Brasiliaanse man moet $6 500 (R51 000) opdok nadat hy sy verloofde alleen voor die altaar gelaat het.

Regter Benedicto Abicair het bevind dat Marcelo de Azevedo Fernandes skadevergoeding moet betaal nadat hy Cristiane Costa de Andrade voor haar familie en vriende verneder het.

Die geld sal glo gebruik word om die bruid se sielkundige te betaal, asook om die uitgawes vir die troue te dek.

Die jong Cristiane is glo erg getraumatiseerd nadat haar bruidegom koue voete gekry het en die hasepad gekies het.

Volg Huisgenoot op Twitter.

-BANGShowbiz