Brandon Cassata het met behulp van sy verloofde se familie die perfekte troue gereël. Dit terwyl sy vrou, Mary Cathrin McCarthy, gedink het sy gaan net foto’s in haar trourok neem.

Op pad na die fotosessie het haar man deur middel van ’n video vir haar laat weet wat hy in die mou voer; sy is eintlik op pad na hul huwelikseremonie!

Mary het by die bestemming aangekom en afgekom op ’n vertrek vol familie en vriende wat die hele storie per video sien afspeel het.

“Ek was so oorstelp met liefde, ek het in sy oë gekyk en alles in my liggaam het gesmelt; ek was uit my vel van blydskap! My familie beteken alles vir my,” het sy aan TODAY gesê.

“Ons wou nie hê sy moes enige spanning ervaar nie en wou haar met die seremonie help; dis toe wat ons gedoen het!” het Brandon gesê.

- Bang Showbiz