Die video, wat binne drie dae meer as 600 000 keer op YouTube gekyk is, wys hoe die bruidegom, Yvo, geblinddoek voor ’n swembad staan. Sy vriende het hom oortuig hy staan eintlik op ’n hoë brug en dat hy binne oomblikke sou rekspring.

Nadat sy vriende hom ’n minuut of twee luidkeels moed ingepraat het om van die “brug” af te spring, spring Yvo al gillend die lug in met die verwagting dat hy honderde meters ver gaan val . . .

Eintlik raak hy net papsopnat in die swembad.

Om die manewales te sien, kyk die video hier:

– Christiaan Boonzaier.