Dit was veronderstel om een van die gelukkigste dae van haar lewe te wees.

A photo posted by Haley Smith (@haley_j_smith) on

Maar toe Haley Smith foto’s sien van die dag toe haar kindertydse liefie, Matt, die groot vraag vra, wou sy net huil. “Ek het dit gesien en nie eens myself herken nie,” vertel die 24-jarige meisie van Texas aan die Amerikaanse tydskrif People. “Ek was baie skaam. Ek kon nie verstaan hoe Matt saam met iemand soos ek wou wees nie. Nadat ek dit gesien het, het ek geweet ek moet verander.”

A photo posted by Haley Smith (@haley_j_smith) on

En dis presies wat dié jong vrou met ’n graad in sielkunde agter haar naam gedoen het. Haley sukkel al sedert haar kinderjare met haar gewig en dit het handuit geruk toe sy universiteit toe gaan. Maar voor haar troue het sy een klein verandering op ’n slag gemaak – en die vetjies het begin wegsmelt. “As deel van die klein veranderinge wat ek gemaak het, het ek op twee klein gewoontes besluit en nadat ek sowat ’n week of twee daarby gehou het, het ek nog twee gekies,” het sy vertel. Sy het byvoorbeeld begin boekhou van hoeveel sy eet, nie meer saans ná 20:00 geëet nie en minder uitgeëet.

A photo posted by Haley Smith (@haley_j_smith) on

Sy het ook drie keer per week begin draf. Later kon sy 5 km op ’n slag aflê.

A photo posted by Haley Smith (@haley_j_smith) on

Dit het ’n jaar se harde werk geverg, maar Haley het ’n ongelooflike 49,89 kg afgeskud. Sy het die ervaring op Instagram gedeel.
En haar troudag was alles waarop sy gehoop het. “Ek het nooit gedink ek sou so goed lyk nie. Ek het verwag en gehoop om net ‘normaal’ te lyk, maar ek het pragtig gevoel – nes ’n regte bruid behoort te voel.” Die pasgetroudes hou in Nieu-Seeland wittebrood en Haley is in die wolke oor hoe gesond en gelukkig sy is.

A photo posted by Haley Smith (@haley_j_smith) on

“’n Jaar gelede sou ek nie in staat gewees het om op ’n gletser te stap, berg te klim en met selfvertroue te snorkel of al die ander beplande aktiwiteite te doen nie.”

A photo posted by Haley Smith (@haley_j_smith) on

Bronne: people.com, mirror.co.uk, Instagram