Die afgelope paar jaar het Chantal Beetge dikwels haar nuwe handtekening geoefen.

Sy het gedroom van die dag dat haar van Geldenhuys sou wees. Maar toe haar troudag aanbreek, was die oomblik so groot dat sy eers glad nie haar nuwe handtekening kon onthou nie.

Dit was die eerste keer dat sy haar naam wetlik as Chantal Geldenhuys geskryf het – en die laaste. Agt uur daarna is die 26-jarige

bruid op slag dood in ’n motorongeluk op pad na die gastehuis waar sy en haar bruidegom  hul huweliksnag sou deurbring.

Lees meer in die 3 Januarie-uitgawe van Huisgenoot.