“Ek het net aanmekaar gesê: ‘Jy het dit reggekry, tjommie, jy het dit reggekry,’” was die bruid se woorde. “Hy het net ’n yslike glimlag op sy bakkies gehad.”

“Hy het ingekom en ek het gedink: “Ja-nee, ek neem hierdie hondjie huis toe,” het sy gesê.

Dankie aan almal wat Charlie se storie gevolg het! Dit is sulke oomblikke wat maak dat ek daarvan hou om troufoto’s te neem. “Om mense op die belangrikste en mees interessante oomblikke in hul lewe te ontmoet, en om daardie oomblikke vir altyd vas te lê, is een van die mees vervullende dinge wat ek doen. “Toe ek begin om foto’s op ’n professionele basis te neem, sou ek nooit in ’n miljoen jaar kon dink ek sou troues wou afneem nie en nou kan ek my nie voorstel dat ek enigiets anders kan doen nie. “Dit is so ’n voorreg om oomblikke soos hierdie vas te lê en ek is so dankbaar vir al die ongelooflike paartjies wat my in hul lewe toelaat. Ek sal julle op die hoogte hou van hoe dit met die hond Charlie gaan.” <3

A photo posted by Jen Dziuvenis (@jendzphotography) on

Charlie is in ’n winkelwaentjie agtergelaat en hy is toe na die diereherberg gebring waar die 19-jarige Kelly gewerk het.

Kelly en Charlie was sedertdien onafskeidbaar.

Toe Kelly en haar verloofde, James Garvin, ook ’n veearts, dus besluit om af te haak, wou Kelly haar boesemvried net daar by hulle hê.

Lees ook: Veghond-eienaar emosioneel ná boosdoener sy geliefde hond skiet

Teen hierdie tyd het die jare egter al aangestap vir hierdie hondjie en sy liggaam was afgetakel. Hy het begin stuiptrekkings kry en is vanjaar is ’n gewas op die brein by hom gediagnoseer. Die week voor die troue het hy vyf aanvalle van stuipe gekry en Kelly was gereed om haar Charlie aan die slaap te laat sit. Maar toe lyk dit asof hy herstel: In die week van haar troue het Charlie geen aanvalle gekry nie, en die voornemende bruid kon dit nie oor haar hart kry om Charlie op sy laaste rit na die veearts te neem nie.

“Hy het soos ’n nuwe hond gelyk,” het Kelly aan BoredPanda. gesê.

“En raai wat? Hy hét in die paadjie afgestap. Maar hy kon nie teruggaan nie . . .”

Om Charlie te help om deel te hê aan die oomblik, het Kelly se suster en hoofstrooimeisie hom opgetel en hom met die paadjie afgedra tot by die paartjie.

Lees ook: ‘Gespanne en hartseer’ honde weier om sterwende baba se hospitaalbed te verlaat

“Ek en James het hom net vasgegryp en aangehou om vir hom te sê: ‘Jy het dit reggekry, tjommie, jy het dit reggekry,” onthou Kelly.

Die paartjie se fotograaf, Jen Dziuvenis, het die hartverskeurende oomblik vasgevang.

“Daar is nie genoeg maskara op die aarde vir hierdie soort oomblikke nie,” het Jen op Facebook geskryf. “Hondemense is die beste mense.”

“Dit is hoe liefde lyk.” “Liefde vir familie, liefde vir diere, liefde vir jou suster . . . Dit was eenvoudig die hartroerendste uiting daarvan wat ek al gesien het, en dit was op die ingewing van die oomblik; dit het eenvoudig net gebeur, want dit is hoe hierdie mense is.”

Charlie is ’n week later, op 9 September, aan die slaap gesit.

“Hy het vreedsaam heengegaan, in die huis, voor die kaggel, en omring deur sy liefdevolle familie,” sê Kelly.

Toe Kelly weer ’n keer na die troufoto’s kyk waarop Charlie verskyn, het sy die oomblik as “kosbaar” beskryf.

“Dit was 15 fenomenale jare. Dis vir seker.”

BoredPanda.com, Independent.co.uk, Instagram, Facebook,