SANDTON - .

Volgens Nuus24 het die brug ineengestert terwyl die Stad Johannesburg die Ekomobiliteits-wêreldfees bemark het. Dié fees moedig motoriste aan om hul motors te parkeer en eerder te stap, fiets te ry of openbare vervoer te benut wanneer hulle Sandton besoek.

Wat jy moet weet van die brug

  1. Die brug staan bekend as "The Great Walk Bridge"
  2. Dit was onder konstruksie deur Murray & Roberts
  3. Daar is in Maart 2015 'n aanvang geneem met die bou van die brug, dit sou na verwagting in Oktober 2016 voltooi wees
  4. Dit is bedoel om 'n 5 km-lange voetganger- en fietsrypad te wees wat Alexandra en die besigheidskern van Sandton te verbind
  5. Volgens die Johannesburgse Ontwikkelingsagentskap benut 'n geraamde 10 000 mense die roete daagliks, hetsy per voet of fiets
  6. Daar is beplan om beligting, bankies, smousstalletjies en geslote kring-kameras aan te bring
KLIK HIER vir alternatiewe roetes as jy in die verkeer vasgevang is    

BRONNE: Nuus24, eNCA