Die 65-jarige het in April in ’n onderhoud met Diane Sawyer sy voorneme bevestig om van man na vrou te verander. Toe wou hy nie bevestig wat sy naam al wees nie, maar Maandag is Caitlyn Jenner op die voorblad van die tydskrif Vanity Fair gebore.

“As ek op my sterfbed gelê het en die geheim gehou het en nooit iets daaraan gedoen het nie, sou ek daar gelê het en gesê het: ‘Jy het nou jou hele lewe vermors,’” sê sy in die meegaande onderhoud.

Op die voorblad poseer Caitlyn op ’n stoel in ’n wit korset met ’n halssnoer om haar nek terwyl sy haar nuwe borsgleuf wys. Met haar bene gekruis en arms agter haar rug, glimlag sy effens. Haar donker lokke is in los krulle om haar skouers gestileer.

Die wêreldbekende fotograaf Annie Leibovitz het die voorbladfoto en ander foto’s in die tydskrif in Caitlyn se huis in Malibu geneem.

Voor die Julie-uitgawe op 8 Junie op die rak kom, het die agentskap ’n agter-die-skerms-video op hul webtuiste geplaas van die fotosessie waar Caitlyn haar vorige lewe as ’n man bespreek.

“Dit was waarskynlik by die (Olimpiese) Spele, want ek het van baie goed af weggehardloop,” sê sy. “Ek is baie, baie trots op daardie prestasie. Ek wil dit nie verskraal nie. Die afgelope paar dae was oor my lewe en wie ek is.

“Dit gaan nie oor die ophef nie, dit gaan nie oor mense wat in die stadion juig nie, maar oor straataf stap en almal sê: ‘Mooi so, Bruce,’ en geen jou ’n klop op die rug. Dit gaan oor jou lewe.”

Wat Caitlyn betref, sy ervaar eindelik ’n oorweldigende verligting dat haar ware identiteit nou bekend is.

“Bruce moes altyd jok; hy het altyd daardie leuen geleef. Elke dag het hy ’n geheim gehad, van soggens to saans,” vertel sy. “Caitlyn het geen geheime nie. Sodra die Vanity Fair-voorblad uitkom, is ek vry.”

© Cover Media