Bruce Jenner is nie van plan om van Kris Jenner te skei nie.

Die Olimpiese gouemedaljewenner het Dinsdag erken hy en sy vrou van 22 jaar is uiteen en gesê dit gaan goed met hom. Hy het ook gesê hulle is nie van plan om te skei nie.

Bruce (63) het aan People.com gesê: “Dit gaan goed met my. Kris is gelukkig; ek is gelukkig. Niemand gaan ’n egskeiding aanvra nie.”

Hy het bygevoeg: “Kris het haar eie plek en ek het my eie plek. Daar is geen vyandigheid nie.”

Bruce het bygevoeg hy en Kris stel ook nog nie in verhoudings met ander mense belang nie. “Ek het my gesin en kinders. Ek het nie tyd vir verhoudings nie.”

Bruce en Kris het twee dogters, Kendall (17) en Kylie (16). Elkeen het ook vier kinders uit vorige verhoudings.

Kris se stiefseun, Rob Kardashian (26), ’n kousontwerper, het aan E! News gesê sy pa sal altyd ’n deel van sy lewe wees. “Ons speel elke dag gholf, ons jaag met motors, ons kuier saam met die ouens. Hy is my pa. Hy is al in my lewe vandat ek twee jaar oud was en hy gaan in my ma se lewe bly.”

Kris (57) het nie die moontlikheid van ’n versoening uitgesluit nie. Bruce voel beslis nie sy boelie hom nie, het sy ook gesê.