Die stem oor die telefoon is slepend, asof die baas daarvan dronk is.

Die woorde kom pynlik stadig en onduidelik.

Dis ’n skok om met Joost van der Westhuizen te gesels. Jy glo jy weet wat kom ná ’n TV-onderhoud met die 42-jarige oud-Bok die vorige aand, maar dan ruk dit jou opnuut aan die hart wanneer jy sy moeisame woorde hoor.

Deesdae veg hy verbete aan twee fronte.

Daar is die stryd teen die siekte wat sy lewe bedreig. En terwyl hy baklei vir elke ekstra jaar waarin hy sy kinders kan sien groter word, is daar nou ook die onmiddellike geveg om bloot genoeg tyd saam met Jordan (8) en Kylie (6) te kan deurbring.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot wat nou op die winkelrakke beskikbaar is.