The Jonas Brothers maak rusie.

Die groep, wat bestaan uit Nick (21), Joe (24) en Kevin (25), het glo hul eerskomende Amerikaanse toer ná ’n stryery afgelas. Die toer sou Vrydag in Philadelphia begin het.

Die sibbe se woordvoerder, Jesse Derris, het aan People.com gesê: “Daar is ’n ernstige skeuring in die groep. Daar was ’n groot verskil oor hul musikale rigting.”

Die broers het hul groep in 2005 gestig. Hulle het besluit om die toer te laat vaar nadat die onenigheid laas naweek uitgebreek het.

Kaartjiehouers sal hul geld terugkry. Dis nog nie bekend of die broers weer sal saamwerk nie.

’n Bron het aan HollywoodLife.com gesê hul stryery is nie persoonlik nie, maar gaan oor skeppende verskille.

Iemand wat die Pom Poms-sangers goed ken, het gesê: “Dis regtig nie so erg soos dit klink nie. Nou dat hulle meer besluite oor hul loopbaan kan neem, neem hulle dit baie ernstig op. Hulle wil oor 30 jaar nog bestaan. Om ’n toer nou af te gelas om sake uit te praat sal nog eendag goeie vrugte afwerp. Hulle gaan nie hul orkes tot niet maak nie.”