’n Maand nadat hy gesweer het hy sou gewig verloor, is Brittanje se vetste man dood op 33. Carl Thompson, wat behoorlik begin stoel het ná sy ma se dood, het 413 kg geweeg toe hy dood is.

Hy is dood by sy huis in Dover gekry.

Weens sy grootte kon Carl nie die huis verlaat nie. Hy was afhanklik van versorgers van Brittanje se nasionale gesondheidsdiens om hom te was en die Chinese wegneemkos en pizza te voer wat hy daagliks bestel het.

Maar hy was begeesterd om sy lewe reg te ruk nadat onderhoude met die media tot ’n uitstorting van simpatie van die publiek gelei het. Ongelukkig is hy ’n maand later dood. Die presiese oorsaak van sy dood is nie bevestig nie, maar sy sterfte word nie as verdag hanteer nie.

Carl het erken hy het as kind al van kos gehou, maar sy etery het buite beheer geraak ná sy ma se dood in 2012 aan ’n breingewas. Sy gewig het vinnig toegeneem van 190 kg tot 413 kg.

Bronne: mirror.co.uk, dailymail.co.uk