harry

Harry, die vierde troonopvolger, kan ontspan ná die Invictus-spele vir gewonde oorlogsveterane, wat as ’n sukses bestempel is.

By die afsluiting van die spele het 26 000 mense die prins se naam gedreunsing.

Soos hy sy vierde dekade binnegaan, is ’n bier deesdae eerder ’n beloning vir sy harde werk as ’n voorspel tot die soort streke wat hy in sy vroeë 20’s uitgehaal het.

Maar daar is steeds ’n element van die rebels aan prins Henry van Wallis – ’n mens kan moeilik enige ander lede van die Huis van Windsor indink op die verhoog van ’n rock-konsert in ’n wolbaadjie en jeans wat ’n Mexikaanse golf begin en langhaar-rockers omhels, soos Harry Sondag gedoen het.

Hy is ’n kaptein in die weermag wat twee toere in Afganistan agter die rug het, en dra die lot van gewonde dienspersoneel op die hart. Hy het gesê ’n suksesvolle Spele sou sy verjaardagviering wees.

Die rooikop-prins is steeds ’n enkelloper nadat hy in April vanjaar met Cressida Bonas uitgemaak het, maar die skoonheid is in die gehoor opgemerk om haar ondersteuning te toon.

Ná afloop van die stres as die vlieënier van ’n Apache-aanvalshelikopter in 2012 en 2013 is dit nou Harry se werk om in Londen herdenkingsgeleenthede vir die weermag te reël.

Omdat hy 30 is, is Harry geregtig op die erfporsie wat sy ma, wat in 1997 in ’n motorongeluk in Parys oorlede is, aan hom bemaak het. Dit word beraam op sowat R112 miljoen.

Harry en sy ouer broer, prins William, erf ook Diana se trourok en ander persoonlike items wat in trust gehou is deur haar broer graaf Charles Spencer.

- Sapa